Skip navigation.

Not much to say

but... I'll try....

Posts tagged with "gedigte"

Wys My Die Plek / Show Me The Place

, , ,

WYS MY DIE PLEK

Wys my die plek waar ons saam gestaan het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, voor jou liefde vir my getaan het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die silwer see
Blink in die sonskyn, soos lang verlee
Dit eenmaal geblink het, 'n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam gekniel het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, toe een siel vir ons saam besiel het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die hemel, blou,
Lag soos voorheen op my en op jou;
Dit skitter nog altyd 'n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam geloop het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, toe ons harte so veel gehoop het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde! Net jy nie. Vra,
Wie van ons twee moet die meeste dra ?
Jy wat vergeet het - of ek wat boet
Vir my liefde wat uithou en alles vergoed ?

by C. Louis Leipoldt (ca. 1880 - 1947)


SHOW ME THE PLACE

Show me the place where we stood side by side,
Once, when you were mine -
Earlier, before your love for me died,
Earlier, when you were mine.
Look, it's the same, the silver sea
Shines in the sun's rays, just as before
It once shined, a welcoming
For our love that endured and everything enhanced.

Show me the place where we knelt together,
Once, when you were mine -
Earlier, when one soul possessed us,
Earlier, when you were mine.
Look, it's the same, the sky, so blue,
Smiles just as before on me and on you,
It continues to shine as a welcoming
For our love that endures and everything enhances.

Show me the place where we use to walk,
Once, when you were mine -
Earlier, when our hearts hoped so much,
Earlier, when you were mine.
Look, it's the same! Except for you. Ask,
Which one of us has the most to bear ?
You, who has forgotten - or me, that has to pay
For my love that endures and all enhances ?

My very own English Translation of one (there's many) of my favourite Afrikaans poems -
Wys my die Plek (Show me the Place) by C. Louis Leipoldt (ca. 1880 - 1947)

STIL AAND (Silent Evening)

, ,

Vanaand het ek weer so verlang,
in grondelose vrees
van eie gryse eensaamheid,
dat jy by my moet wees.

dat ek die wye koeltes van
jou stem om my kan voel,
soos die rimp'ling van die somerreën
vervlugtig oor my spoel.

En toe ek deur die duister wind
wat oor my huisie waai,
die knip hoor lig, het heel my hart
in vreugde opgelaai...

Nou sit ons voor die vuur en speel
die vlamlig deur ons hare...
Laag waai die reënwind buite deur
die afgevalle blare.

deur/by W. E. G. Loux
Download Opera, the fastest and most secure browser